
SA parlementêre ampsklagkomitee verwerp bewerings oor die onttrekking van die getuienisleier
Loading player...
Die voorsitter van die Parlementêre ampsklagkomitee, Makashule Gana, beskuldig die EFF en die African Legal Professionals Association daarvan hulle het die gebeure rondom die terugtrekking van advokaat Thandazani Madonsela se benoeming as getuienisleier vir die Phala Phala-ondersoek wanvoorgestel het. Die EFF en die vereniging het die Wes-Kaapse Hooggeregshof genader om die besluit te betwis. Gana sê die komitee se regspan sal aanvoer sy besluite is in ooreenstemming met die Parlement se reëls geneem wanneer die saak vandag hervat word:

