Verbeter deelname aan begrotingsproses om lewens te verbeter

Loading player...
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê parlemente moet burgerdeelname aan die begrotingsproses verbeter om die publiek se lewens te verbeter. Sy het tydens die negende konferensie van die Afrika-netwerk van parlementêre begrotingskantore in Swakopmund beklemtoon dat openbare betrokkenheid verseker dat elke ekonomiese beleid en begrotingstoewysing deursigtigheid en kollektiewe belang weerspieël. Die jaarlikse geleentheid fokus op die rol van parlementêre begrotingskantore in die ondersteuning van wetgewende toesig teenoor Agenda 2063.
22 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Land is duur om te besoek: Gasvryheidsvereniging

Augustus bly 'n sterk maand vir die gasvryheidsektor, met 'n nasionale kamerbesettingsyfer van 69,53 persent vanjaar, maar die Gasvryheidsvereniging van Namibië is versigtig optimisties oor die laaste drie maande van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzoldt, gepraat wat sê dit is bemoedigend…
22 Sep 10AM 1 min

Sit beloftes oor in waterprojekte in Afrika: NNN by VN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens die VN se Algemene Vergadering in New York 'n beroep op globale vennote gedoen om dringend politieke beloftes in bankbare waterprojekte reg oor Afrika te omskep. Met die klem op Namibië se strewe onder NDP6 om beleggings vir seewaterontsouting, suiwering en waterdraeraanvulling te lok, het…
22 Sep 10AM 1 min

12 keatiewes, 12 uur, 4 nuwe Namibiese kinderboeke

Twaalf plaaslike kreatiewe persone het vier nuwe Namibiese kinderboeke in slegs 12 uur tydens die derde uitgawe van BookSprint Namibia 2026 by die Goethe-instituut vervaardig. Die inisiatief is daarop gemik om 'n leeskultuur onder kinders van drie- tot agt-jaar te bevorder deur hoëgehalte, plaaslik vervaardigde leesmateriaal te verskaf. Hoof van…
22 Sep 10AM 1 min

Senior SA polisie-offisier in arres vir seksuele oortredings: SAPD

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, verwelkom die inhegtenisneming van ʼn 59-jarige senior polisie-offisier op aanklagte van seksuele oortredings. Hy is Maandagaand in Sandton aangekeer. Die offisier het na bewering tussen Julie en Augustus 'n 16-jarige meisie seksueel voorberei en ʼn 18-jarige vrou verkrag. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die…
22 Sep 9AM 1 min

112 vragmotor-ongelukke, 48 sterftes in 8,5 maande

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het tussen 1 Januarie en 16 September landswyd 112 vragmotor ongelukke aangeteken, wat gelei het tot 211 beserings en 48 sterftes. Die Erongo-streek het die hoogste aantal ongelukke en sterftes aangeteken, gevolg deur Khomas. Botsings was die mees algemene tipe ongeluk en was verantwoordelik vir 57 ongelukke,…
22 Sep 9AM 1 min