
Moenie Angolese kinders na Windhoek vervoer
Loading player...
NamPol se Oshana-streeksbevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, het langafstandbestuurders gewaarsku teen die vervoer van minderjariges vanaf die Angolese grens na Windhoek en ander dorpe sonder die nodige immigrasiedokumente. Tydens 'n vyfdaagse werkswinkel oor kapasiteitsbou vir polisiebeamptes in Ondangwa het Shilelo gesê dat hierdie praktyk tot die konfiskering van hul bedryfsdokumente sal lei.

