
Taxibaas Sibanyoni vra ondersoek na beweerde polisieverbintenis
Loading player...
Die taxibaas en sakeman Joe "Ferrari" Sibanyoni sê bewerings wat hom met verskeie polisiebeamptes verbind, moet ondersoek word. In sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Sibanyoni gesê hy ken persoonlik slegs een van die genoemde beamptes, en wel deur 'n familielid. Hy ontken enige professionele of sakeverhouding met die betrokke beampte. Sibanyoni het ook bewerings betwis dat hy toegang tot eiendomme of groepsgesprekke beheer het, en sê toegangskodes kon sonder sy medewete gedeel word:

