Die DA sê die Gautengse Departement van e-Regering het verlede jaar sowat een-miljard-rand-aan privaat maatskappye bestee wat omtrent 71-persent van die Departement se aangepaste jaarlikse begroting beloop. Die party vra of die publiek goeie waarde vir hul belastinggeld kry. Michael Waters van die DA sê die Departement het 'n kontrak…
NamPol se Oshana-streeksbevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, het langafstandbestuurders gewaarsku teen die vervoer van minderjariges vanaf die Angolese grens na Windhoek en ander dorpe sonder die nodige immigrasiedokumente. Tydens 'n vyfdaagse werkswinkel oor kapasiteitsbou vir polisiebeamptes in Ondangwa het Shilelo gesê dat hierdie praktyk tot die konfiskering van hul bedryfsdokumente sal…
Die taxibaas en sakeman Joe "Ferrari" Sibanyoni sê bewerings wat hom met verskeie polisiebeamptes verbind, moet ondersoek word. In sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Sibanyoni gesê hy ken persoonlik slegs een van die genoemde beamptes, en wel deur 'n familielid. Hy ontken enige professionele of sakeverhouding met die betrokke…
Voormalige Tukwatha-jeugorganisasie-leier Hendrina Kudhingililwa sê menstruasie-armoede bly 'n groot struikelblok vir meisies se onderwys, en waarsku dat skenkingsaksies alleen nie die krisis kan oplos nie. Sy moedig die regering aan om 'n volhoubare nasionale stelsel op te bou, en dat skole gratis sanitêre doekies verskaf net soos openbare klinieke gratis…
AfriForum sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sal strafregtelik vervolg word oor uitlatings wat hy gemaak het oor 'n beweerde kinderverkragting by die Bergview College in Matatiele in die Oos-Kaap. Die Nasionale Vervolgingsgesag het ingestem om die saak te vervolg. Mbalula sluit dus aan by die EFF-leier, Julius…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.