Usakos-stadsraad: Eie boorgate sal dorp van water voorsien

Loading player...
Die Usakos-stadsraad sê sy eie boorgate sal die dorp van water voorsien. Dit kom na NamWater aangekondig het dat hy 'n gefaseerde vermindering van water-toevoer dié week in Usakos sal toepas. Usakos se uitvoerende hoof, Lesley Goreseb, sê NamWater se eis vir 'n voorafbetaling van 30 persent van die bedrag is onmoontlik, en het voorgestel dat die watervoorsiener eerder die 1,6 miljoen Namibiese dollar wat dit die raad in erfbelasting en belasting skuld, verreken. Hy het ook NamWater se foutiewe toerusting blameer vir vorige voorsieningsonderbrekings wat rekeninginvordering benadeel het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
22 Sep 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA beskuldig Gauteng regering van R1-miljard vermorsing

Die DA sê die Gautengse Departement van e-Regering het verlede jaar sowat een-miljard-rand-aan privaat maatskappye bestee wat omtrent 71-persent van die Departement se aangepaste jaarlikse begroting beloop. Die party vra of die publiek goeie waarde vir hul belastinggeld kry. Michael Waters van die DA sê die Departement het 'n kontrak…
22 Sep 3AM 1 min

Moenie Angolese kinders na Windhoek vervoer

NamPol se Oshana-streeksbevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, het langafstandbestuurders gewaarsku teen die vervoer van minderjariges vanaf die Angolese grens na Windhoek en ander dorpe sonder die nodige immigrasiedokumente. Tydens 'n vyfdaagse werkswinkel oor kapasiteitsbou vir polisiebeamptes in Ondangwa het Shilelo gesê dat hierdie praktyk tot die konfiskering van hul bedryfsdokumente sal…
22 Sep 3AM 1 min

Taxibaas Sibanyoni vra ondersoek na beweerde polisieverbintenis

Die taxibaas en sakeman Joe "Ferrari" Sibanyoni sê bewerings wat hom met verskeie polisiebeamptes verbind, moet ondersoek word. In sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Sibanyoni gesê hy ken persoonlik slegs een van die genoemde beamptes, en wel deur 'n familielid. Hy ontken enige professionele of sakeverhouding met die betrokke…
22 Sep 2AM 1 min

Menstruasie-armoede bly 'n groot struikelblok vir meisies

Voormalige Tukwatha-jeugorganisasie-leier Hendrina Kudhingililwa sê menstruasie-armoede bly 'n groot struikelblok vir meisies se onderwys, en waarsku dat skenkingsaksies alleen nie die krisis kan oplos nie. Sy moedig die regering aan om 'n volhoubare nasionale stelsel op te bou, en dat skole gratis sanitêre doekies verskaf net soos openbare klinieke gratis…
22 Sep 1AM 1 min