
Drie word ondervra oor Ekurhuleni-moorde
Loading player...
Die waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia, het bevestig dat drie verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem is in verband met die moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, oor die afgelope twee maande. Van die nege liggame wat gevind is, is daar een wat nie as vermiste persoon aangemeld is nie. Die owerhede waarsku teen bespiegeling en ongestaafde bewerings wat op sosiale media die ronde doen. Cachalia sê die voorlopige ondersoek het nie stawende bewyse opgelewer dat daar 'n reeksmoordenaar in Ekurhuleni aktief is nie:

