Kaapstad veroordeel aanval op verkeersbeamptes tydens straatwedren

Loading player...
Die Stad Kaapstad veroordeel die naweek se aanval op verkeersbeamptes tydens ʼn onwettige straatwedre in Paardeneiland. Volgens die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, het beamptes Vrydagaand twee motoriste gearresteer vir roekelose en nalatige bestuur, en deelname aan ʼn onwettige straatwedren. Die wedren is egter teen middernag voortgesit wat tot ʼn derde inhegtenisneming gelei het. Smith sê toe die beamptes op die voertuig beslag wou lê, het die skare vyandig geraak en ʼn vierde verdagte is aangekeer:

JP Smith Maandag
21 Sep 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Luvindao weerlê aantygings oor Mariental-suurstof

Mariental Staatshospitaal maak al meer as drie maande op gassilinders staat nadat 'n ontploffing op 6 Junie sy hoof suurstofaanleg lamgelê het. Die minister van gesondheid, Esperance Luvindao, het reageer IPC-LP, Lilani Brinkman, se onlangse opmerkings dat sy bekommerd is oor 100 000 Namibiese dollar se tussentydse koste en aangemelde…
21 Sep 6AM 1 min

Ondersoek na Muller-ongeluk geloods

Ben Engelbrecht, die ondersoeker in die onlangse girokopterongeluk wat die lewe van die bekende wildboer en renosterbewaarder Jaco Muller geëis het, sê die voorlopige verslag oor die ongeluk sal na verwagting 30 dae ná die ongeluk bekend gemaak word. Hy het bevestig dat die girokopter sowat 75 km voor Outjo…
21 Sep 6AM 1 min

Namibiese boere gereed vir 2026 Lamb Champs Invitational

Stigterslid van die NamLamb-inisiatief, Len de Jager, sê hy is vol vertroue dat die 10 Namibiese boere wat aan die 2026 Lamb Champs Invitational in Suid Afrika gaan deelneem, stof in hul teenstanders se oë sal skop. Vanjaar se “ïnvitational” vind die 31ste Oktober in Pretoria plaas. De Jager het…
21 Sep 5AM 1 min

Vermeende reeksverkragter aangekeer in SA

'n Ses-en-dertigjarige man is aangekeer vir die verkragting van 14 vroue in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die polisie sê sy eerste beweerde aanval was in Januarie 2020 in Mahlabathini, KwaZulu-Natal. Hy is aangekeer en op borgtog vrygelaat, waarna hy verdwyn het. Woordvoerder Robert Netshiuna sê die man het daarna na bewering…
21 Sep 4AM 1 min

IPPR: Gemeenskappe moet baat by mineraal-ontginning

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê gasheergemeenskappe moet direk baat vind namate Namibië 'n kritieke mineraaloplewing in die gesig staar. Voor 'n nasionale dialoog op 22 September het IPPR-direkteur Graham Hopwood uitgelig dat die ontginning van litium en seldsame aardmetale naby bevolkte dorpe soos Uis plaasvind. Hy het die regering…
21 Sep 4AM 1 min