
Oproepe om regsgeskille vinniger en meer bekostigbaar te maak
Loading player...
Die druk op Namibië se regstelsel is tydens die driedaagse "State of Justice"-konferensie onder die loep geneem, met oproepe om vinniger en meer bekostigbare maniere om geskille te besleg. Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n geldige punt oor die oorbelasting van die howe, veral die landdroshowe. Sy sê alternatiewe geskilbeslegting kan help om die agterstand te verminder, maar toegang tot mediasie en arbitrasie bly 'n uitdaging vanweë die koste daaraan verbonde.

