LPM bevraagteken of GRN sy behuisingsbeloftes kan nakom

Loading player...
Die LPM-parlementslid Eneas Emvula bevraagteken of die regering sy ambisieuse beloftes oor behuising en stedelike grond kan nakom, midde uiters stadige grondvoorsiening. Emvula sal die saak na verwagting aanstaande Donderdag in die Nasionale Vergadering aan eerste minister Elijah Ngurare voorlê en die regering uitdaag oor sy doelwit om jaarliks 10 000 bekostigbare maatskaplike behuisingseenhede te bou.
18 Sep 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lewis Hamilton soek vergadering met LeClerc

Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton van Brittanje, sê ʼn broodnodige ontmoeting moet nog plaasvind tussen hom en sy Ferrari-spanmaat, Charles Leclerc van Monaco, ná verlede naweek se voorval tydens die Mexikostadse Grand Prix. Hulle het in die eerste ronde gebots, wat die span ʼn moontlike eerste en tweede…
6 Nov 10AM 1 min

Munisipaliteite beplan skutgeriewe vir loslopende vee

Die landbouministerie wil plaaslike owerhede meer betrek by pogings om die probleem van loslopende vee in stedelike gebiede en langs paaie hok te slaan. Woordvoerder Romeo Muyunda sê verskeie munisipaliteite beplan om toegewyde skutgeriewe op te rig waar rondloperdiere veilig aangehou kan word.
6 Nov 10AM 1 min

'Politieke wil' nodig om arbeidswette te hervorm

Arbeidskenner Herbert Jauch ondersteun justisieminister Wise Immanuel se frustrasie oor die langdurige vertraging in die hervorming van arbeidswetgewing. Hy skryf die dooiepunt toe aan botsende belange tussen vakbonde en werkgewers binne die betrokke adviesraad. Jauch sê dit sal politieke wil van die minister verg om die proses aan die gang…
6 Nov 9AM 1 min

Het Windhoek plek vir al die krieket-toeriste?

Namibië se mede-aanbieding van die 2027 Krieketwêreldbeker lok reeds aansienlike internasionale belangstelling, met meer as twee miljoen kaartjie-aansoeke wat vir wedstryde in Windhoek ontvang is. Daar word verwag dat die geleentheid 'n welkome hupstoot aan die toerisme- en gasvryheidsektor sal gee, maar daar is vrae oor of die hoofstad oor…
6 Nov 9AM 1 min