
'Under the Cap'-veldtog kan jou beursie laat boepstaan
Loading player...
Coca-Cola Beverages Africa in Namibië het sy gewilde "Under the Cap"-veldtog hervat en bied Namibiërs die kans om 'n deel van 1 miljoen Namibiese dollar in kontantpryse te wen. Coca-Cola Namibië se woordvoerder, Ockert Jansen, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die landwye promosie wat tot 31 Desember duur, bied weeklikse pryse aan. Hy sê verbruikers kan deelneem deur deelnemende Coca-Cola-drankies te koop en na 'n unieke kode onder die geel botteldop te soek.

