
Laerhowe, landdroste staar reuse uitdagings in die gesig
Loading player...
Direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, waarsku dat die laerhowe onder ernstige hulpbron- en personeeltekorte wankel, wat kritieke grondvlak geregtelike kwessies negatief raak. Hancox sê dat landdroste en aanklaers onveilige langafstandreise en ernstige operasionele tekorte in die gesig staar, insluitend 'n gebrek aan basiese opnametoerusting. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat vertragings in ondersoeke ook kwesbare verhoorafwagtendes vasvang in oorvol polisieselle. Sy het meer:

