
EU bewillig €20 miljard vir Afrika se energie-oorgang
Loading player...
EU-direkteur vir Internasionale Vennootskappe, Erica Gerretsen, sê tot soveel as 20 miljard Euro is vir die 6-jaar periode 2021 tot 2027 deur die EU opsygesit om Afrika se energie-oorgang te versterk. Gerretsen het gaste by die 2026 Afrika Groen Nywerhede Beraad in Swakopmund toegespreek. Sy sê die energie-inisiatief tussen die vasteland en die EU beoog om minstens 50-gigawatt hernubare elektrisiteitskapasiteit te genereer en kragvoorsiening aan tot soveel as 100 miljoen mense teen 2030 te lewer.

