NOVA sal KI-tegnici oplei

Loading player...
Namibië se baanbreker-instelling vir kunsmatige intelligensie, NOVA, is geloods om KI-tegnici op te lei en jongmense toe te rus met praktiese vaardighede in produkontwikkeling, innovasie en digitale entrepreneurskap. NOVA se uitvoerende direkteur, Immanuel Antonius, sê dat die instelling gestig is om die vasteland se ernstige werkloosheidkrisis aan te spreek, waar ongeveer nege miljoen uit 12 miljoen gegradueerdes elke jaar nie formele werk kry nie. Deur markgerigte KI-opleiding aan te bied, beoog NOVA om Afrika-jeugdiges te posisioneer om te kapitaliseer op die ontwikkelende digitale ekonomie en die toekoms van werk.
10 Sep 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aanlyndobbelary in SA styg met 390% tussen 2021 en 2025

Solidariteit se Helpende Hand sê aanlyndobbelary in Suid-Afrika het tussen 2021 en verlede jaar met 390-persent gegroei, wat toenemende finansiële druk op huishoudings plaas. Die organisasie se jongste verslag toon bykans driekwart van die 1,5-duisend-miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2024/2025 in die dobbelbedryf gewed is, het aanlyn plaasgevind, en dobbeloperateurs…
13 Oct 11PM 1 min

Een in aanhouding vir Okahandja meisie-moorde

NamPol het 'n deurbraak aangekondig in die Okahandja-moordsake van Ingrid Maasdorp en Roswinds Fabiano, asook 'n volwasse vrou. Dit kom nadat 'n 18-jarige verdagte, wat oor die naweek gearresteer is vir die beweerde poging tot ontvoering van 'n 10-jarige meisie, 'n bekentenis tydens polisie-ondervraging gemaak het. Daar was ook positiewe…
13 Oct 11PM 1 min

Sun International vra strenger dobbel-maatreëls

Sun International het 'n handves vir verantwoordelike dobbelary van stapel gestuur en bepleit strenger maatreëls om mense wat dobbel te beskerm. Die handves beperk dobbeladvertensies, bied hulpmiddels om mense te beskerm en maak van volgende jaar voorsiening vir die gebruik van kunsmatige intelligensie om mense te identifiseer wat dobbelprobleme kan…
13 Oct 11AM 1 min

Arbeidsverhoudinge-ministerie in sop by Diensbillikheidskommissie

Die uitvoerende direkteur van die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie, Audrin Mathe, het voor die Diensbillikheidskommissie se hersieningspaneel verskyn oor nie-ingediende vorderingsverslae. Mathe het die oortreding erken en sê dat die ministerie, as bewaarders van die wet, die voorbeeld moet stel vir statutêre nakoming, en interne gevolgebestuur in die gesig moet staar…
13 Oct 11AM 1 min