Russiese hommeltuig tref amper Zelensky se vliegtuig

Loading player...
'n Russiese hommeltuig wat Moldawië se lugruim binnegedring het, het amper 'n vliegtuig met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky aan boord getref. Dit het die vertrek van die vliegtuig vertraag. Zelensky het Dinsdagaand van Moldawië na Oslo in Noorweë vertrek vir die begrafnis van Koning Harald gister. Die hommeltuig het na wat berig word sowat 160 kilometer van die Chișinău Internasionale Lughawe in Moldawië se hoofstad ontplof. Moldawië se ambassadeur in Amerika, Vladislav Kulminski, het aan CNN gesê die insident was heel waarskynlik nie 'n ongeluk nie:
10 Sep 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aanlyndobbelary in SA styg met 390% tussen 2021 en 2025

Solidariteit se Helpende Hand sê aanlyndobbelary in Suid-Afrika het tussen 2021 en verlede jaar met 390-persent gegroei, wat toenemende finansiële druk op huishoudings plaas. Die organisasie se jongste verslag toon bykans driekwart van die 1,5-duisend-miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2024/2025 in die dobbelbedryf gewed is, het aanlyn plaasgevind, en dobbeloperateurs…
13 Oct 11PM 1 min

Een in aanhouding vir Okahandja meisie-moorde

NamPol het 'n deurbraak aangekondig in die Okahandja-moordsake van Ingrid Maasdorp en Roswinds Fabiano, asook 'n volwasse vrou. Dit kom nadat 'n 18-jarige verdagte, wat oor die naweek gearresteer is vir die beweerde poging tot ontvoering van 'n 10-jarige meisie, 'n bekentenis tydens polisie-ondervraging gemaak het. Daar was ook positiewe…
13 Oct 11PM 1 min

Sun International vra strenger dobbel-maatreëls

Sun International het 'n handves vir verantwoordelike dobbelary van stapel gestuur en bepleit strenger maatreëls om mense wat dobbel te beskerm. Die handves beperk dobbeladvertensies, bied hulpmiddels om mense te beskerm en maak van volgende jaar voorsiening vir die gebruik van kunsmatige intelligensie om mense te identifiseer wat dobbelprobleme kan…
13 Oct 11AM 1 min

Arbeidsverhoudinge-ministerie in sop by Diensbillikheidskommissie

Die uitvoerende direkteur van die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie, Audrin Mathe, het voor die Diensbillikheidskommissie se hersieningspaneel verskyn oor nie-ingediende vorderingsverslae. Mathe het die oortreding erken en sê dat die ministerie, as bewaarders van die wet, die voorbeeld moet stel vir statutêre nakoming, en interne gevolgebestuur in die gesig moet staar…
13 Oct 11AM 1 min