Nul-persent alkohol vir bestuurders in SA oorweeg

Loading player...
Die Motorbedryf-personeelvereniging sê geen hoeveelheid alkohol behoort as veilig vir voertuigbestuurders beskou word nie. Die vakbond ondersteun die minister van Vervoer, Barbara Creecy, se voorgestelde veranderings aan die Wet op Nasionale Padverkeer om 'n nul-persent bloedalkohollimiet vir bestuurders in te stel. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola, sê die voorgestelde wet word steeds oorweeg en sal deur die kabinet en die Parlement geodgekeur moet word voordat dit in werking kan tree:
10 Sep 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

KykNet se Binnelanders word mondig!

Binnelanders op KykNet het pas sy 21-ste jaar gevier. Human Stark vervaardiger van Binnelanders het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.
14 Oct 12AM 1 min

Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne

Die Amerikaanse president Donald Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne te midde van sy voortdurende oorlog met Rusland. Dit volg op berigte dat Amerika die deel van inligting en Europese aankope van Amerikaanse wapens vir Oekraïne kan opskort indien Kiëf nie sy aanvalle diep binne Russiese grondgebied…
14 Oct 12AM 1 min

Aanlyndobbelary in SA styg met 390% tussen 2021 en 2025

Solidariteit se Helpende Hand sê aanlyndobbelary in Suid-Afrika het tussen 2021 en verlede jaar met 390-persent gegroei, wat toenemende finansiële druk op huishoudings plaas. Die organisasie se jongste verslag toon bykans driekwart van die 1,5-duisend-miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2024/2025 in die dobbelbedryf gewed is, het aanlyn plaasgevind, en dobbeloperateurs…
13 Oct 11PM 1 min

Een in aanhouding vir Okahandja meisie-moorde

NamPol het 'n deurbraak aangekondig in die Okahandja-moordsake van Ingrid Maasdorp en Roswinds Fabiano, asook 'n volwasse vrou. Dit kom nadat 'n 18-jarige verdagte, wat oor die naweek gearresteer is vir die beweerde poging tot ontvoering van 'n 10-jarige meisie, 'n bekentenis tydens polisie-ondervraging gemaak het. Daar was ook positiewe…
13 Oct 11PM 1 min