
6 304 GBV gevalle in 2025-'26 aangemeld
Loading player...
Reaksie word ontvang op die voortgesette hoë vlakke van geslagsgebaseerde geweld in die land, met 6 304 gevalle wat in die 2025-'26 finansiële jaar aangemeld is. Dis is egter net aangemelde gevalle, terwyl die werklike syfers histories heelwat hoër is. 'n Afrobarometer-opname het bevind dat vier uit tien respondente glo dat huishoudelike geweld geregverdig kan word, terwyl 'n kwart sê dat dit as 'n private gesinsaangeleentheid behandel moet word. Civic+264-direkteur Ethne Mudge sê swak rapporteringskanale en mense wat geweld as kinders ervaar het, is van die redes vir lae aanmeldings. Sy het meer.

