Solidariteit: SA rassewetgewing verdryf Afrikaners

Loading player...
Solidariteit sê die verborge waarheid oor Suid-Afrika is dat ras weereens die staat se ordeningsbeginsel is. Jaco Kleynhans van die organisasie het ʼn boodskap gelewer by ʼn vergadering van die Patriotte vir Europa in Brussel. Hy het aan die Europese Parlement gesê die Suid-Afrikaanse regering se toenemende rassewetgewing, asook die staat se verval en vyandigheid teenoor minderhede, verdryf Afrikaners stelselmatig uit hul eie land. Kleynhans sê die doel moet die einde van rassewetgewing wees.
9 Sep 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AfriForum behaal talle suksesse met landswye misdaadvoorkomingspatrollies

AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs,…
14 Oct 1AM 1 min

Vyf nuwe lede ingesweer op Grondtribunaal-raad

Vyf nuwe lede is ingesweer op die raad van die Grondtribunaal, vir 'n termyn van drie jaar. Die tribunaal speel 'n sleutelrol in die beslegting van geskille oor grondhervorming en die aanhoor van appèlle wat betrekking het op landbougrond. Die lynministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus…
14 Oct 1AM 1 min

Amushelelo sê meer as 2800 erwe reeds by sy lughawepad-ontwikkeling bespreek

Aktivis Michael Amushelelo het sy behuisings-ontwikkeling van 10 528 erwe naby Hosea Kutako Internasionale Lughawe verdedig en die waarskuwings van Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, af-gemaak as 'n bemarkings-foefie wat slegs belangstelling verhoog het. Amushelelo sê dat meer as 2 800 kopers reeds erwe deur direkte debiet-mandate vir…
14 Oct 12AM 1 min

KykNet se Binnelanders word mondig!

Binnelanders op KykNet het pas sy 21-ste jaar gevier. Human Stark vervaardiger van Binnelanders het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.
14 Oct 12AM 1 min