
Aanlyn-aansoeke vir Omgewingsimpakstudie-vorms weer oop
Loading player...
Die omgewingsministerie sê 'n fout op hul webwerf wat mense nie toelaat om aanlyn aansoek te doen vir die Omgewingsimpakstudie-vorms nie, is reggestel. Die vorms word gebruik om te bepaal of 'n bouprojek nabygeleë water, diere of gemeenskappe sal benadeel voordat geld aan konstruksie bestee word. Die ministerie se woordvoerder, Vilho Hangula, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

