
DA gee groen lig vir koalisiegesprekke
Loading player...
Die DA sê hy sal begin om politieke partye te betrek by koalisiegesprekke om munisipaliteite te bestuur waar geen party 'n volstrekte meerderheid behaal het nie. Die party se federale uitvoerende komitee het besluit om samesprekings te begin ná wat hy as 'n sterk verkiesingsprestasie beskryf. Ashor Sarupen van die DA sê die party het na vore getree as die grootste politieke krag in verskeie munisipaliteite waar geen party 'n algehele meerderheid het nie, dikwels met 'n aansienlike voorsprong bo sy naaste mededinger. Die DA het 'n volstrekte meerderheid in 13 rade, een meer as tevore, maar het vennote nodig in 35 of meer - 13 meer rade as na die 2021-verkiesings.

