
Malema stel koalisie met ANC, SAKP en MK voor
Loading player...
Julius Malema, leier van die EFF, stel voor sy party moet saam met die ANC, die SAKP en die MK-party werk en 'n koalisie-regering vorm. Malema sê die ANC sal dalk sy president, Cyril Ramaphosa, moet opoffer om die MK-party te akkommodeer as deel van 'n moontlike koalisie-ooreenkoms. Terwyl hy die media by die Onafhanklike Verkiesingskommissie se uitslagsentrum in Midrand, Johannesburg, toegespreek het, het Malema gesê Suid-Afrika staan voor 'n krisis, wat hy aan Ramaphosa se leierskap toeskryf.

