
Koalisiepolitiek bly SA se voorland
Loading player...
Suid-Afrika se ANC het ’n reuseknou in die munisipale verkiesings gekry, met sy steun wat tot 31% getuimel het. Die Demokratiese Alliansie staan op 24,6% nadat 99,8% van stemdistrikte getel is. Die ANC se steun het sedert 2021 met byna 15 persent getuimel. In 135 uit die 213 munisipale rade het geen party’n volstrekte meerderheid behaal nie. Koalisies gaan dus deurslaggewend wees. Vier rade se uitslae was vroegoggend nog uitstaande. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sal die uitslae vanaand om sesuur formeel aankondig. Wetgewing is in Suid-Afrika onderweg om te verhoed dat koalisiepolitiek rade lamlê en dienslewering benadeel. Professor André Duvenhage, politieke wetenskaplike aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom, het sy indrukke met Kosmos 94.1 gedeel.

