
Plaaslik die beste - ook vir voeding
Loading player...
Die beskerming van inheemse sade en gewasse is die sleutel tot die bou van veerkragtige voedselstelsels. Namibië en die SAOG-streek skerp tans werk op om plant-genetiese hulpbronne vir voedselsekerheid en klimaatveerkragtigheid te bewaar. Vera Corry, omgewings- en landboukenner verbonde aan die Namibiese Organiese Vereniging, sê plaaslik aangepaste plantvariëteite kan die land se strawwe klimaatstoestande weerstaan en verskaf beter voeding. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibië moet in gene-banke belê, gemeenskapsaadbanke uitbrei en saaduitruiling tussen gemeenskappe bevorder.

