
Blitsleer: Vinniger kop, en mark toe
Loading player...
Kort-, en selfs blitskursusse is nie net goedkoper nie, maar dikwels beter vir leer en die onmiddellik inspan van nuwe vaardighede. Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid het op Mariental gesprek gevoer oor 'n voorgestelde beleidsraamwerk vir mikrokwalifikasies, wat daarop gemik is om kortkursusse te formaliseer en gehalte te verseker. Hardap-goewerneur Riaan McNab sê sulke kursusse kan help om onderwys en opleiding aan te pas by vinnige tegnologiese veranderinge, die groeiende hernubare-energiesektor en nuwe vaardigheidsbehoeftes.

