Media24, eNCA: Namibië se hoofstroommedia sukkel ook

Loading player...
Reaksie word ontvang op berigte dat die Suid-Afrikaanse uitsaaier eNCA 'n Artikel 189-konsultasieproses van stapel gestuur het wat tot die verlies van 171 poste kan lei as deel van 'n groot herstrukturering na 'n kleiner, digitale-eerste model. Dit kom na 'n soortgelyke aankondiging deur Media24. Frederico Links, navorser van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die stap die groeiende druk op tradisionele uitsaaiers beklemtoon, namate televisiegehore afneem en kykgewoontes verander. Hy sê hoofstroommedia, insluitend in Namibië, staar toenemend moeilike tye in die gesig om aan te pas by die veranderende medialandskap.
18 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsleer: Vinniger kop, en mark toe

Kort-, en selfs blitskursusse is nie net goedkoper nie, maar dikwels beter vir leer en die onmiddellik inspan van nuwe vaardighede. Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid het op Mariental gesprek gevoer oor 'n voorgestelde beleidsraamwerk vir mikrokwalifikasies, wat daarop gemik is om kortkursusse te formaliseer en gehalte te verseker. Hardap-goewerneur Riaan McNab…
8 Nov 5AM 1 min

Plaaslik die beste - ook vir voeding

Die beskerming van inheemse sade en gewasse is die sleutel tot die bou van veerkragtige voedselstelsels. Namibië en die SAOG-streek skerp tans werk op om plant-genetiese hulpbronne vir voedselsekerheid en klimaatveerkragtigheid te bewaar. Vera Corry, omgewings- en landboukenner verbonde aan die Namibiese Organiese Vereniging, sê plaaslik aangepaste plantvariëteite kan die…
8 Nov 4AM 1 min

DA gee groen lig vir koalisiegesprekke

Die DA sê hy sal begin om politieke partye te betrek by koalisiegesprekke om munisipaliteite te bestuur waar geen party 'n volstrekte meerderheid behaal het nie. Die party se federale uitvoerende komitee het besluit om samesprekings te begin ná wat hy as 'n sterk verkiesingsprestasie beskryf. Ashor Sarupen van die…
8 Nov 3AM 1 min

Malema stel koalisie met ANC, SAKP en MK voor

Julius Malema, leier van die EFF, stel voor sy party moet saam met die ANC, die SAKP en die MK-party werk en 'n koalisie-regering vorm. Malema sê die ANC sal dalk sy president, Cyril Ramaphosa, moet opoffer om die MK-party te akkommodeer as deel van 'n moontlike koalisie-ooreenkoms. Terwyl hy…
8 Nov 2AM 1 min

Amptenaar kla oor uitsluiting van Zambezi

‘n Navorsingstegnikus by die ministerie van landbou, Nitu Mataya, is bekommerd oor die uitsluiting van die Zambezi-streek uit die 132 miljoen Namibiese dollar NamiGreen-projek. Die projek streef daarna om voedselsekerheid en klimaatsveerkragtigheid in Namibië te versterk deur akwakultuur (visboerdery) en tuinbou op 'n sirkulêre, volhoubare manier met mekaar te kombineer…
8 Nov 1AM 1 min