SA moet ophou op mynbou staatmaak: BOSA

Loading player...
Build One SA sê die land se ekonomie berus op hulpbronontginning en is gebou om die verkoop van steenkool, platinum en ander minerale aan die res van die wêreld te fasiliteer. Suid-Afrika is een van die wêreld se grootste produsente van platinum, goud en chroom. Graham Charters van BOSA sê ekonomieë wat op hulpbronontginning berus het twee fundamentele uitdagings. Hulle vererger ongelykheid, en maak nie voorsiening vir langtermyn volhoubare groei nie. Hy sê die ekonomie kan nie vir ewig op myne staatmaak nie en moet daarom toenemend na konstruktief beweeg:
Graham Charters Maandag
17 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsleer: Vinniger kop, en mark toe

Kort-, en selfs blitskursusse is nie net goedkoper nie, maar dikwels beter vir leer en die onmiddellik inspan van nuwe vaardighede. Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid het op Mariental gesprek gevoer oor 'n voorgestelde beleidsraamwerk vir mikrokwalifikasies, wat daarop gemik is om kortkursusse te formaliseer en gehalte te verseker. Hardap-goewerneur Riaan McNab…
8 Nov 5AM 1 min

Plaaslik die beste - ook vir voeding

Die beskerming van inheemse sade en gewasse is die sleutel tot die bou van veerkragtige voedselstelsels. Namibië en die SAOG-streek skerp tans werk op om plant-genetiese hulpbronne vir voedselsekerheid en klimaatveerkragtigheid te bewaar. Vera Corry, omgewings- en landboukenner verbonde aan die Namibiese Organiese Vereniging, sê plaaslik aangepaste plantvariëteite kan die…
8 Nov 4AM 1 min

DA gee groen lig vir koalisiegesprekke

Die DA sê hy sal begin om politieke partye te betrek by koalisiegesprekke om munisipaliteite te bestuur waar geen party 'n volstrekte meerderheid behaal het nie. Die party se federale uitvoerende komitee het besluit om samesprekings te begin ná wat hy as 'n sterk verkiesingsprestasie beskryf. Ashor Sarupen van die…
8 Nov 3AM 1 min

Malema stel koalisie met ANC, SAKP en MK voor

Julius Malema, leier van die EFF, stel voor sy party moet saam met die ANC, die SAKP en die MK-party werk en 'n koalisie-regering vorm. Malema sê die ANC sal dalk sy president, Cyril Ramaphosa, moet opoffer om die MK-party te akkommodeer as deel van 'n moontlike koalisie-ooreenkoms. Terwyl hy…
8 Nov 2AM 1 min

Amptenaar kla oor uitsluiting van Zambezi

‘n Navorsingstegnikus by die ministerie van landbou, Nitu Mataya, is bekommerd oor die uitsluiting van die Zambezi-streek uit die 132 miljoen Namibiese dollar NamiGreen-projek. Die projek streef daarna om voedselsekerheid en klimaatsveerkragtigheid in Namibië te versterk deur akwakultuur (visboerdery) en tuinbou op 'n sirkulêre, volhoubare manier met mekaar te kombineer…
8 Nov 1AM 1 min