Steenkamp sê oor Covid-19 by Delta

Loading player...
Die onderwysminister, dr. Sanet Steenkamp, het beklemtoon dat die standaardprosedures vir Covid-19 onveranderd bly soos wat dit destyds deur die lynministerie uitgereik is. Haar kommentaar volg op die bevestiging van 'n geval van die virus by die Delta-skoolkoshuis in Windhoek verlede week. Steenkamp het bevestig dat die skool en sy koshuis tydelik gesluit is; die gesondheidsministerie het reeds siftingstoetse vir leerders en onderwysers uitgevoer, en die skool sal na verwagting vandeesweek ontsmet word. Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
17 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA vra vir beter beheer na BKS-uitbreking in Addo

Die DA vra die Oos-Kaapse regering om maatreëls te verskerp om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom nadat die siekte by koedoes in die Addo-olifant Nasionale Park bevestig is. Die bron van die besmetting en enige moontlike verband met ander uitbrekings word steeds ondersoek. Die DA-lid Heinrich Müller dring aan…
14 Oct 11PM 1 min

Regering wil KI-beleid vir staatsdiens instel

Die regering gaan 'n beleid instel wat die gebruik van kunsmatige intelligensie in die staatsdiens sal rig, namate hy pogings verskerp om digitale transformasie en inklusiewe ontwikkeling te bevorder. Tydens die amptelike opening van die negende Nasionale IKT-beraad in Ongwediva het inligtingminister Emma Theofelus gesê dat stelsels veilig met mekaar…
14 Oct 11PM 1 min

Hou Sibiya agter tralies, vra beweerde slagoffers

Twee beweerde slagoffers in die verkragtings- en seksuele gereedmaking-saak teen die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya, het die Randburg-landdroshof gevra om hom in aanhouding te hou. Hulle het in slagofferverklarings wat in die hof voorgelees is, vrese geopper oor hul veiligheid indien Sibiya op borgtog vrygelaat word. Die 16-jarige klaagster…
14 Oct 11AM 1 min

Regering skop vas teen kragoordrag-nasionalisering

Energieminister Modestus Amutse het die regering se teenkanting teen die privatisering van die nasionale elektrisiteitsnetwerk herbevestig. Hy het in 'n toespraak in die parlement vanmiddag gesê die regering sal nie toelaat dat private rolspelers beheer oor elektrisiteitsoordrag uitoefen nie. Dit kom midde 'n voortdurende geskil tussen sy ministerie en die…
14 Oct 11AM 1 min

Wapen-amnestie lewer net 15 vuurwapens op

NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê daar was vanjaar 'n skerp afname in die vrywillige oorhandiging van onwettige vuurwapens tydens die Afrika-amnestiemaand veldtog. Slegs 15 vuurwapens is ingehandig, vergeleke met 86 in 2025. Oorhandigings was ook tot 'n handjievol streke beperk, wat die polisie genoop het om hul uitreikstrategie…
14 Oct 10AM 1 min