Qusra: VN veroordeel IDF, setlaars in besette Wesoewer

Loading player...
Die kantoor van die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte het Israel se militêre operasies in die besette Wesoewer veroordeel en gesê die aanvalle op Palestyne hier is 'n nuwe laagtepunt. Israelse soldate het sowat 20 Palestynse gesinne na bewering om veiligheidsredes uit Qusra verwyder. Ajith Sunghay van die VN sê Palestyne wat in Qusra woon is sedert November 2025, toe Israelse setlaars 'n buitepos daar naby gestig het, toenemend die teiken van gereelde aanvalle:
14 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

WKOD vra matrikulante om nie laat vir eksamens op te daag nie

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het kommer uitgespreek oor leerders wat laat opdaag vir die matriekeksamen, ondanks 'n goeie begin van die eksamen. Meer as 85-duisend voltydse, deeltydse en herhaalde kandidate skryf hul nasionale senior sertifikaat-eksamen in die provinsie. Die LUR vir onderwys, Jaco Londt, het leerders versoek om ten minste 'n…
15 Oct 2AM 1 min

Landbou-ministerie sê meer as 63 000 beeste reeds vir BKS gesif

Die ministerie van landbou sê hy het reeds, sedert die bek-en-klouseer-uitbreking meer as 63 000 beeste vir die siekte gesif. Woordvoerder, Romeo Muyunda, sê daar is, dusver, 131 diere wat op 18 Karasburgs-distrik-plase positief vir BKS getoets het. Vir meer inligting en 'n meer-gedetaileerde opsomming van Woensdag se BKS-opdatering, besoek…
15 Oct 2AM 1 min

Die Wes-Kaapse regering verskerp pogings om uitvoere te bevorder

Die Wes-Kaapse regering sê sterker internasionale handelsvennootskappe is noodsaaklik om meer as 200-duisend werksgeleenthede deur verhoogde uitvoere te skep. Die provinsie se uitvoerstrategie het ten doel om teen 2035 uitvoere ter waarde van 408-miljard-Namibiese dollar te lewer en nog 'n duisend aktiewe uitvoerders te lok. Tydens 'n vergadering van die…
15 Oct 1AM 1 min

Minister Kantema-Gaomas verdedig N$250m kindertoelae wat uitbetaal is

Die minister van geslagsgelykheid, Emma Kantema-Gaomas, het die 250 miljoen Namibiese dollar in kindertoelae wat aan individue tussen 18 en 21 jaar oud betaal is, verdedig. Dit volg ná 'n verslag van die ouditeur-generaal, wat die uitbetalings uitgelig het. Kantema-Gaomas het in die parlement verduidelik dat hoewel 18 die wettige…
15 Oct 1AM 1 min

Drikus Coetzee reg vir Dag 4 van Rhino Run-fietswedren

Fietsryers skop vandag skof vier van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet af. Drikus Coetzee van Namibië is steeds in eerste plek, en het, na drie dae in die saal, reeds 1-duisend-170 kilometer afgelê... en is tans byna 100 kilometer voor Frankryk se Stephane Lombard. Coetzee het vanoggend…
15 Oct 12AM 1 min