Spesialis-reddingspanne by myn in Rustenburg ontplooi

Loading player...
Die waarnemende nasionale polisie-kommissaris, Puleng Dimpane, het bykomende spesialis-bystand ontplooi vir die reddings-, herstel- en ondersoekoperasies in 'n ongebruikte myn in Nkaneng in Rustenburg, Noordwes. Veertien liggame van vermeende onwettige mynwerkers is Dinsdag uitgehaal nadat die wande van die skag ingetuimel het. Agt oorlewendes is gered. Woordvoerder Nonkululeko Phokane sê die operasie word ondersteun deur kundiges, hulpbronne en personeel wat nodig is om die ondersoek en reddingspogings vlot te laat verloop:
13 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hernude oproepe vir vuurwapenvrye-Gauteng ná skietvoorval in Katlehong

Die Gauteng wetgewer se Komitee vir Gemeenskapsveiligheid het sy oproep om 'n vuurwapenvrye provinsie hernu ná 'n skietvoorval in Katlehong, Ekurhuleni, waarin vier mense dood en sewe beseer is. Die slagoffers is na bewering aangeval terwyl hulle van 'n gedenkdiens vir 'n plaaslike politieke leier teruggekeer het. Die voorsitter van…
15 Oct 2AM 1 min

Betrek meer jongmense by land se ekonomie met geteikende befondsing

Die Swapo Jeugliga sê geteikende befondsing en ekonomiese insluiting is die sleutel tot die bekamping van jeugwerkloosheid en jeug-betrokkenheid. Woordvoerder Moses Shikerete het die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds uitgelig as 'n manifes-oorwinning wat banke se kollateraal-hindernisse vir jong entrepreneurs verwyder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
15 Oct 2AM 1 min