Miltsiek: Landbou toets monsters

Loading player...
Die veeartsenykundige departement in die landbouministerie ondersoek vermeende gevalle van miltsiekte in die Namib-Naukluft Nasionale Park. Dit kom te midde van berigte dat sewe dooie sebras in die gebied rondom Vreemdelingspoort en Sossus Desert Lodge gevind is, met simptome wat moontlik met miltsiekte ooreenstem. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, gepraat wat sê monsters word steeds getoets en meer inligting sal binnekort aangekondig word.
13 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hernude oproepe vir vuurwapenvrye-Gauteng ná skietvoorval in Katlehong

Die Gauteng wetgewer se Komitee vir Gemeenskapsveiligheid het sy oproep om 'n vuurwapenvrye provinsie hernu ná 'n skietvoorval in Katlehong, Ekurhuleni, waarin vier mense dood en sewe beseer is. Die slagoffers is na bewering aangeval terwyl hulle van 'n gedenkdiens vir 'n plaaslike politieke leier teruggekeer het. Die voorsitter van…
15 Oct 2AM 1 min

Betrek meer jongmense by land se ekonomie met geteikende befondsing

Die Swapo Jeugliga sê geteikende befondsing en ekonomiese insluiting is die sleutel tot die bekamping van jeugwerkloosheid en jeug-betrokkenheid. Woordvoerder Moses Shikerete het die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds uitgelig as 'n manifes-oorwinning wat banke se kollateraal-hindernisse vir jong entrepreneurs verwyder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
15 Oct 2AM 1 min