Verlenging van Agoa voordelig vir Namibië

Loading player...
Reaksie word ontvang op die Amerikaanse Senaat se goedkeuring van 'n tweejaar-verlenging van die African Growth and Opportunity Act, of Agoa, wat belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark vir meer as 1 800 produkte in sekere Afrikalande tot Desember 2028 handhaaf. Terwyl Namibië se handel met Amerika relatief klein bly, sê landboukenner dr. Kobus Laubscher aan Kosmos 94.1 Nuus dat Agoa steeds waarde vir die land inhou.
13 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hernude oproepe vir vuurwapenvrye-Gauteng ná skietvoorval in Katlehong

Die Gauteng wetgewer se Komitee vir Gemeenskapsveiligheid het sy oproep om 'n vuurwapenvrye provinsie hernu ná 'n skietvoorval in Katlehong, Ekurhuleni, waarin vier mense dood en sewe beseer is. Die slagoffers is na bewering aangeval terwyl hulle van 'n gedenkdiens vir 'n plaaslike politieke leier teruggekeer het. Die voorsitter van…
15 Oct 2AM 1 min

Betrek meer jongmense by land se ekonomie met geteikende befondsing

Die Swapo Jeugliga sê geteikende befondsing en ekonomiese insluiting is die sleutel tot die bekamping van jeugwerkloosheid en jeug-betrokkenheid. Woordvoerder Moses Shikerete het die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds uitgelig as 'n manifes-oorwinning wat banke se kollateraal-hindernisse vir jong entrepreneurs verwyder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
15 Oct 2AM 1 min