Iran-oorlog beperk voorraad van Patriot-missiele - Zelensky

Loading player...
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê sy land het slegs sowat een-persent van die vereiste Patriot-onderskepmissiele in voorraad wat nodig is om die land teen Russiese ballistiese aanvalle te beskerm. Moskou het die afgelope weke sy ballistiese-missielaanvalle op Kiëf verskerp. Daar is tans wêreldwyd ʼn tekort aan onderskepmissiele weens die VSA-Israelse oorlog teen Iran. Zelensky het aan CNN gesê hy beraadslaag daagliks met bondgenote om bykomende onderskepmissiele te kry of ander vermoëns daarvoor uit te ruil:
13 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hernude oproepe vir vuurwapenvrye-Gauteng ná skietvoorval in Katlehong

Die Gauteng wetgewer se Komitee vir Gemeenskapsveiligheid het sy oproep om 'n vuurwapenvrye provinsie hernu ná 'n skietvoorval in Katlehong, Ekurhuleni, waarin vier mense dood en sewe beseer is. Die slagoffers is na bewering aangeval terwyl hulle van 'n gedenkdiens vir 'n plaaslike politieke leier teruggekeer het. Die voorsitter van…
15 Oct 2AM 1 min

Betrek meer jongmense by land se ekonomie met geteikende befondsing

Die Swapo Jeugliga sê geteikende befondsing en ekonomiese insluiting is die sleutel tot die bekamping van jeugwerkloosheid en jeug-betrokkenheid. Woordvoerder Moses Shikerete het die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds uitgelig as 'n manifes-oorwinning wat banke se kollateraal-hindernisse vir jong entrepreneurs verwyder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
15 Oct 2AM 1 min