PSG verslaan Aston Villa en behou Uefa-beker

Loading player...
Die kampioene van Europa, Paris Saint-Germain, het Aston Villa met 2-1 verslaan en daarmee opeenvolgende Europese Sokkerbeheerliggaam-superbekers in Salzburg, Oostenryk gewen. Khvicha Kvaratskhelia het die eerste doel vir PSG in die twintigste minuut aangeteken. Villa het positief reageer met hul 17-jarige debutant Brian Madjo wat die gelykmaker net voor rustyd aangeteken het en daarmee die jongste Superbeker-puntemaker ooit geword het. Speler van die wedstryd Désiré Doué het die wendoel aangeteken. Die bestuurder van PSG, Luis Enrique, sê hulle is vasbeslote om hierdie seisoen nog meer trofeë te wen:
13 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hernude oproepe vir vuurwapenvrye-Gauteng ná skietvoorval in Katlehong

Die Gauteng wetgewer se Komitee vir Gemeenskapsveiligheid het sy oproep om 'n vuurwapenvrye provinsie hernu ná 'n skietvoorval in Katlehong, Ekurhuleni, waarin vier mense dood en sewe beseer is. Die slagoffers is na bewering aangeval terwyl hulle van 'n gedenkdiens vir 'n plaaslike politieke leier teruggekeer het. Die voorsitter van…
15 Oct 2AM 1 min

Betrek meer jongmense by land se ekonomie met geteikende befondsing

Die Swapo Jeugliga sê geteikende befondsing en ekonomiese insluiting is die sleutel tot die bekamping van jeugwerkloosheid en jeug-betrokkenheid. Woordvoerder Moses Shikerete het die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds uitgelig as 'n manifes-oorwinning wat banke se kollateraal-hindernisse vir jong entrepreneurs verwyder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
15 Oct 2AM 1 min