Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku dat die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo besig is om die dodelikste op rekord te word. Meer as 2 000 mense uit meer as 4 300 aangemelde gevalle is in die ooste van die land dood. Die 2014-2016-uitbreking in Wes-Afrika is steeds die dodelikste ooit,…
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê die nuwe elektroniese reismagtigingstelsel sal reis makliker maak terwyl dit grenssekuriteit verbeter. Schreiber het tydens die bekendstelling van die digitale stelsel in Gauteng gesê die digitale platform gebruik biometriese tegnologie en outomatiese risikokontroles om reisaansoeke binne 24 uur te verwerk. Hy het…
Die Bulle-afrigter, Johan Ackermann, sê hulle sien uit na die geleentheid om Saterdag op Loftus Versfeld teen die All Blacks kragte te meet. Die Bulle moes hulle voor-seisoen verdeel om hierdie eenmalige wedstryd te speel, omdat hulle gewoonlik pas sou terugkeer van hul blaaskans tussen seisoene. Die All Blacks het…
George Ampweya, algemene sekretaris van die Mynwerkersvakbond, sê dat dit nie 'n verregaande verwagting is om te verseker dat hulpbronne wat plaaslik ontgin word, eerste die land se burgers moet bevoordeel nie. Hy het die president geprys vir haar verbintenis om te verseker dat mynbou-werksgeleenthede met tasbare voordele en billike…
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê sy land het slegs sowat een-persent van die vereiste Patriot-onderskepmissiele in voorraad wat nodig is om die land teen Russiese ballistiese aanvalle te beskerm. Moskou het die afgelope weke sy ballistiese-missielaanvalle op Kiëf verskerp. Daar is tans wêreldwyd ʼn tekort aan onderskepmissiele weens die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.