Trump sê oor Air Force One en sluipmoord vrese

Loading player...
Demokrate het Dinsdag gevra vir 'n Amerikaanse kongresinligtingsessie oor 'n verstommende aksie waarin president Donald Trump in die geheim op 'n spyseniers-vragmotor na 'n militêre vliegtuig geneem is, en nie Air Force One nie. Kritici bevraagteken nou hoekom die pers doelbewus mislei is, na 'n beweerde dreigement deur Iran. Net verdedigingsminister Pete Hegseth was saam met Trump, terwyl buitelandse sake-minister Marco Rubio, finansminister Scott Bessent en verslaggewers op Air Force One gereis het. Trump is gevra hoekom dit te gevaarlik was vir hom om op Air Force One te reis en nie vir ander nie. Luister self.
12 Aug 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom

Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer…
15 Oct 3AM 1 min

IPC-LP, Mouton bekommerd oor B1-padmerke wat besig is om te vervaag

Die IPC-LP, John-Louw Mouton, sê hy is bekommerd oor die padmerke op die B1 wat besig is om te vervaag en waarsku dat swak sigbaarheid van die padtekens die risiko van padongelukke kan verhoog. Mouton het Woensdag in die parlement vervoerminister, Veikko Nekundi, gevra wanneer die padmerke, veral dié wat…
15 Oct 3AM 1 min