Kort-, en selfs blitskursusse is nie net goedkoper nie, maar dikwels beter vir leer en die onmiddellik inspan van nuwe vaardighede. Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid het op Mariental gesprek gevoer oor 'n voorgestelde beleidsraamwerk vir mikrokwalifikasies, wat daarop gemik is om kortkursusse te formaliseer en gehalte te verseker. Hardap-goewerneur Riaan McNab…
Die beskerming van inheemse sade en gewasse is die sleutel tot die bou van veerkragtige voedselstelsels. Namibië en die SAOG-streek skerp tans werk op om plant-genetiese hulpbronne vir voedselsekerheid en klimaatveerkragtigheid te bewaar. Vera Corry, omgewings- en landboukenner verbonde aan die Namibiese Organiese Vereniging, sê plaaslik aangepaste plantvariëteite kan die…
Die DA sê hy sal begin om politieke partye te betrek by koalisiegesprekke om munisipaliteite te bestuur waar geen party 'n volstrekte meerderheid behaal het nie. Die party se federale uitvoerende komitee het besluit om samesprekings te begin ná wat hy as 'n sterk verkiesingsprestasie beskryf. Ashor Sarupen van die…
Julius Malema, leier van die EFF, stel voor sy party moet saam met die ANC, die SAKP en die MK-party werk en 'n koalisie-regering vorm. Malema sê die ANC sal dalk sy president, Cyril Ramaphosa, moet opoffer om die MK-party te akkommodeer as deel van 'n moontlike koalisie-ooreenkoms. Terwyl hy…
‘n Navorsingstegnikus by die ministerie van landbou, Nitu Mataya, is bekommerd oor die uitsluiting van die Zambezi-streek uit die 132 miljoen Namibiese dollar NamiGreen-projek. Die projek streef daarna om voedselsekerheid en klimaatsveerkragtigheid in Namibië te versterk deur akwakultuur (visboerdery) en tuinbou op 'n sirkulêre, volhoubare manier met mekaar te kombineer…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.