VF Plus spreek 'brandstigting' op Bloedrivier-erfenisterrein aan

Loading player...
Die VF Plus sê beweerde brandstigting op die Bloedrivier-erfenisterrein in KwaZulu-Natal beklemtoon die belangrikheid van wedersydse erkenning tussen gemeenskappe. Die Erfenisstigting sê olie is naby die terreinbestuurder se huis aan die brand gesteek. 'n Kampeerder wat gehelp het om die brand te bestry is beseer en elektriese infrastruktuur sowel as 'n deel van die kampterrein is geraak. Woordvoerder Wynand Boshoff sê verskille oor identiteit en geskiedenis moet openlik bespreek word:
12 Aug 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom

Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer…
15 Oct 3AM 1 min

IPC-LP, Mouton bekommerd oor B1-padmerke wat besig is om te vervaag

Die IPC-LP, John-Louw Mouton, sê hy is bekommerd oor die padmerke op die B1 wat besig is om te vervaag en waarsku dat swak sigbaarheid van die padtekens die risiko van padongelukke kan verhoog. Mouton het Woensdag in die parlement vervoerminister, Veikko Nekundi, gevra wanneer die padmerke, veral dié wat…
15 Oct 3AM 1 min