Tsumeb-munisipaliteit, vakbond haaks oor verhogings

Loading player...
Die Tsumeb-munisipaliteit het 'n algemene salarisverhoging van 4 persent aangebied, nadat die Namibia Local Authorities-vakbond aanvanklik 'n verhoging van 10 persent en later een van 7,5 persent geëis het. Die munisipaliteit se woordvoerder, Stella Imalwa, sê dat die aanbod gegrond is op die kernverantwoordelikheid om te verseker daar is fondse vir noodsaaklike munisipale dienste. Hoewel die vakbond op 'n hoër verhoging aandring, het Imalwa gesê dat die raad voorsiening gemaak het vir 4 persent in sy begroting, wat nog op ministeriële goedkeuring wag. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
12 Aug 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom

Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer…
15 Oct 3AM 1 min

IPC-LP, Mouton bekommerd oor B1-padmerke wat besig is om te vervaag

Die IPC-LP, John-Louw Mouton, sê hy is bekommerd oor die padmerke op die B1 wat besig is om te vervaag en waarsku dat swak sigbaarheid van die padtekens die risiko van padongelukke kan verhoog. Mouton het Woensdag in die parlement vervoerminister, Veikko Nekundi, gevra wanneer die padmerke, veral dié wat…
15 Oct 3AM 1 min