Solidariteit se Afrikaanse universiteit pla Pandor

Loading player...
Die ANC-ringkop en voormalige minister Naledi Pandor is bekommerd oor die nuwe private, eksklusiewe Afrikaanse Akademia-universiteit wat in Pretoria gebou word. Die nuwe kampus word ontwikkel deur 'n vennootskap tussen Solidariteit en Kanton, teen 'n verwagte koste van meer as drie-miljard Suid-Afrikaanse rand. Die universiteit sal voorsiening maak vir 5 000 voltydse voorgraadse studente en 1 500 nagraadse studente. Pandor het in 'n onderhoud met African Renaissance Podcast gesê die stigting van 'n Afrikaanse universiteit is deel van 'n breër politieke en maatskaplike uitdaging:
12 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom

Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer…
15 Oct 3AM 1 min

IPC-LP, Mouton bekommerd oor B1-padmerke wat besig is om te vervaag

Die IPC-LP, John-Louw Mouton, sê hy is bekommerd oor die padmerke op die B1 wat besig is om te vervaag en waarsku dat swak sigbaarheid van die padtekens die risiko van padongelukke kan verhoog. Mouton het Woensdag in die parlement vervoerminister, Veikko Nekundi, gevra wanneer die padmerke, veral dié wat…
15 Oct 3AM 1 min