Streeksvergaderings vir skaapsektor se produsente maatskappy

Loading player...
Namibiese skaapprodusente word genooi na vergaderings om uit te vind oor 'n voorgestelde produsente maatskappy wat daarop gemik is om skaapbemarking en kommersiële geleenthede te versterk. Die vergaderings sal môre tot 28 Augustus duur en begin in die dorpe Blumfelde, Uhlenhorst, Keetmanshoop, Helmeringhausen, Karasburg, Karasberge, Koës, Maltahöhe, Aranos, Gochas en Otjiwarongo. Stigtersaandele kos 7 500 Namibiese dollar elk, met die aanbod wat op 15 September sluit. Cirrus administreer die proses en symedestigter, Romé Mostert, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
12 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom

Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer…
15 Oct 3AM 1 min

IPC-LP, Mouton bekommerd oor B1-padmerke wat besig is om te vervaag

Die IPC-LP, John-Louw Mouton, sê hy is bekommerd oor die padmerke op die B1 wat besig is om te vervaag en waarsku dat swak sigbaarheid van die padtekens die risiko van padongelukke kan verhoog. Mouton het Woensdag in die parlement vervoerminister, Veikko Nekundi, gevra wanneer die padmerke, veral dié wat…
15 Oct 3AM 1 min