Madlanga verwerp Adams se skootrekenaar verskoning

Loading player...
Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, regter Mbuyiseli Madlanga, het die National Coloured Congress se parlementslid, Fadiel Adams, tereggewys oor die maande-laat indiening van sy verklaring. Adams het dit toegeskryf aan probleme met sy skootrekenaar, en gesê hy het sy bes probeer om die sperdatum te haal. Madlanga het dit as ongeloofwaardig verwerp en Adams gewaarsku om nie die kommissie te verontagsaam nie, voordat hulle in 'n hewige woordewisseling betrokke geraak het:
11 Aug 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom

Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer…
15 Oct 3AM 1 min

IPC-LP, Mouton bekommerd oor B1-padmerke wat besig is om te vervaag

Die IPC-LP, John-Louw Mouton, sê hy is bekommerd oor die padmerke op die B1 wat besig is om te vervaag en waarsku dat swak sigbaarheid van die padtekens die risiko van padongelukke kan verhoog. Mouton het Woensdag in die parlement vervoerminister, Veikko Nekundi, gevra wanneer die padmerke, veral dié wat…
15 Oct 3AM 1 min