Samewerking 'sal Afrika-handel struikelblokke aanspreek'

Loading player...
Henry Okello Oryem, die voormalige Ugandese minister van buitelandse sake, sê dat lande in Oos- en Suider-Afrika moet saamwerk om struikelblokke vir handel binne Afrika uit die weg te ruim. Hy het die kwessie aangeroer tydens 'n hoflikheidsbesoek aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die besoek maak deel uit van pogings om beleggingsgeleenthede te ondersoek en ekonomiese samewerking te versterk.
11 Aug 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom

Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer…
15 Oct 3AM 1 min

IPC-LP, Mouton bekommerd oor B1-padmerke wat besig is om te vervaag

Die IPC-LP, John-Louw Mouton, sê hy is bekommerd oor die padmerke op die B1 wat besig is om te vervaag en waarsku dat swak sigbaarheid van die padtekens die risiko van padongelukke kan verhoog. Mouton het Woensdag in die parlement vervoerminister, Veikko Nekundi, gevra wanneer die padmerke, veral dié wat…
15 Oct 3AM 1 min