Inheemse volk: Ons moet oorskakel van viering na deelname

Loading player...
Die aktivis en vierde-geslag-oorlewende van volksmoord, Sima Luipert, sê die Internasionale Dag van die Wêreld se Inheemse Volk is meer as net 'n kulturele viering. Dit is 'n geleentheid om identiteit en waardigheid, kollektiewe regte, historiese kontinuïteit en die reg op deelname aan besluite oor hul voorvaderlike gebiede te bevestig. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels na die onlangse herdenking van die dag in Katima Mulilo.
11 Aug 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kerntoetsontploffing-simulasie in Erongo-streek hou klomp voordele vir Namibië

Die aanbieding van Afrika se eerste kerntoetsontploffing-simulasie in die Erongo-streek bring groot ekonomiese en diplomatieke voordele vir die land. Magdalena Shipiki, hoofbeampte vir buitelandse betrekkinge by die internasionale betrekkinge-ministerie, sê dat die oefening, wat 147 miljoen Namibiese dollar kos, logistiek, gasvryheid en toerisme aan die kus ’n hupstoot gee. Sy…
15 Oct 6AM 1 min

Sherbourne sê Namibië moet liewer sy bande met VSA versterk

Die ekonoom Robin Sherbourne sê Namibië behoort verder te kyk as sy groeiende bande met Rusland en China, en eerder meer te fokus op die versterking van sy verhouding met die Verenigde State. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Sherbourne dat, hoewel Amerikaanse beleids-besluite onder president Donald Trump…
15 Oct 6AM 1 min

Mashatile sê ‘n regverdige oorgang na ‘n volhoubare ekonomie moet almal insluit

Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die dringendste nasionale taak is om sterker groei te bewerkstellig en werk te skep om armoede en ongelykheid aansienlik te verminder. Hy was gister die hoofspreker tydens FEDUSA se agtste nasionale kongres in Kemptonpark, Gauteng. Die ekonomie het in die tweede kwartaal van…
15 Oct 5AM 1 min

Gebrek aan gemeenskapsingryping dryf herhaalde misdaad aan

Geestesgesondheidkundiges waarsku dat die versuim om gestruktureerde, gemeenskapsvlak-ingrypings te verskaf, hoë koerse van herhaalde oortredings onder vrygelate misdadigers aanwakker. Sielkundige Shaun Whittaker sê dat die herhaaldelike arrestasie en vrylating van oortreders terug in dieselfde sosiale netwerke kriminele gedrag en aangeleerde hulpeloosheid versterk, veral wanneer regstellingswerk buite bereik bly. Hy het…
15 Oct 5AM 1 min