Ten spyte van gerugte is geen besluit oor in situ-loging geneem nie

Loading player...
Die omgewingsministerie het bewerings ontken dat hy proefontginning by die Leonardville-uraanprojek in die Omaheke-streek goedgekeur het. Die ontkenning volg op bewerings dat Headspring Investments met toetsontginning met regeringsgoedkeuring begin het. Die voorgestelde projek het kontroversie ontlok oor planne om in-situ loging in die omgewingsensitiewe Stampriet-bekken te gebruik. Omgewingskommissaris Timoteus Mufeti het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat 'n besluit waarskynlik later vandeesmaand geneem sal word.
6 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IPC se nuwe Khomas-voorsitter moet party se vertroue herstel

Die nuwe IPC-voorsitter in die Khomas-streek, Emrick Nangolo, sal volgens sy voorganger, Fritz Kaufmann, die uitdaging moet aanpak om die party se vertroue onder Namibiërs te versterk. Kaufmann sê die party moet gedissiplineerd en georganiseerd bly om betekenisvolle verandering teweeg te bring. Hy het by die streek se verkiesingskonferensie in…
9 Nov 1AM 1 min

COSATU vra sterker handels- en diplomatieke verhoudings tussen SA & VSA

COSATU vra die regering om voort te gaan met gesprekke met Washington ten einde diplomatieke betrekkinge te versterk en handel en belegging met die Verenigde State en ander groot handelsvennote te bevorder. COSATU se woordvoerder Matthew Parks hoop dat die pas verkose Amerikaanse Kongres met die Amerikaanse regering in gesprek…
9 Nov 12AM 1 min

Diamantmyn in Kunene benodig N$20m om bedrywighede te hervat

Northern Namibia Development se diamantmyn in die noorde van Kunene staan steeds stil, met meer as 20 miljoen Namibiese dollar wat nodig is om produksie te hervat. Die myn het tydens die Covid-19-pandemie gesluit nadat die maatskappy nie daarin kon slaag om beleggers te lok nie. Mynbestuurder Paulus Nghimtina sê…
9 Nov 12AM 1 min

Nasionale Enduro-kampioenskap sluit af met uitdagende Gallina-renne

Die laaste been van die Nasionale Enduro-kampioenskap het Saterdag by die Gallina-baan noord van Windhoek plaasgevind, met sowat 40 ryers wat in agt klasse meegeding het. Die byeenkoms het vanjaar ’n ander formaat gevolg, met ryers wat transponders gebruik het om hul tye by kontrolepunte op die roete aan te…
8 Nov 11PM 1 min