Iran: Trump sê hy soek ooreenkoms nie oorlog nie

Loading player...
Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy sou eerder 'n ooreenkoms aangaan om 'n einde te maak aan die oorlog in Iran omdat hy "nie mense wil doodmaak" nie. Washington voer aan gesprekke met Teheran gaan voort en daar is vordering, veral oor die heropening van die Straat van Hormuz. Iran het egter verklaar hy onderhandel nie met Amerika nie, het nie planne om dit te doen nie en is in gesprekke met Oman. Trump het in Las Vegas, Nevada herbeklemtoon dat enige ooreenkoms moet verseker Iran het nooit 'n kernwapen nie:
6 Aug 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Nie net ANC' moet deur Verkiesingskommissie gehelp word

Die Afrika Mayibuye-beweging sê die Verkiesingskommissie moet dieselfde verligting aan alle politieke partye bied wat benadeel is deur probleme met aanlyn stelsels vir kandidate-benoemings. Die Konstitusionele Hof het die ANC tegemoetgekom oor 181 kandidate wie se besonderhede wel vasgelê is, maar nie finaal ingedien is nie. Woordvoerder Sydney Baloyi sê…
15 Oct 8AM 1 min

Teen-GBV Operasie Basadi groot sukses

Meer as 1 500 vroulike beamptes van multi-agentskap wetstoepassing en sekuriteitsektore het in September 'n landwye Operasie Basadi-veldtog gelei, wat geslagsgebaseerde geweld, kinderuitbuiting en algemene misdaad geteiken het. NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê dat die verhoogde mannekrag tot talle arrestasies gelei het, wat wissel van veediefstal tot verkragtingsake…
15 Oct 8AM 1 min

President oorhandig nasionale vlag aan Span Namibië

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend by die Staatshuis die Namibiese nasionale vlag formeel aan Span Namibië oorhandig, vooruitlopend op die 2026-Somerjeugolimpiese Spele in Dakar, Senegal. Die Minister van die Presidensie, dr. Charles Mubita, het die span aangemoedig om eerste op diplomasie te fokus.
15 Oct 7AM 1 min

Kernkragplanne wek kommer oor hulpbronne

Die energiekenner Harald Schütt lewer kritiek op die regering se beweging na kernkrag en waarsku dat die tegnologie buitensporig duur is en kritieke hulpbronne van noodsaaklike dienste soos water, voedsel en vervoer kan wegtrek. Dit volg op die aanstelling van John Titus as die land se eerste kernkommissaris, terwyl die…
15 Oct 7AM 1 min

Adjunkminister van Justisie bekommerd oor dodelike Katlehong-skietery voor verkiesing

Die Suid Afrikaanse adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, het kommer uitgespreek oor die dodelike skietery in Katlehong in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. Vier mense is Dinsdagaand doodgeskiet, onder andere twee lede van die ANC-jeugliga. Drie ander is in die hospitaal. ʼn Verdagte het homself aan die polisie…
15 Oct 6AM 1 min