Mynbou: Beleidsekerheid, nasionale voordele en beleggings nodig

Loading player...
Patrick Kauta, besturende vennoot en direkteur vir geskilbeslegting by Cliffe Dekker Hofmeyr Namibië, sê dat aangesien Namibië se mynbousektor reeds lank een van die land se belangrikste ekonomiese pilare is, die regte beleidsekerheid en goeie bestuur die land in staat sal stel om op daardie sukses voort te bou. Hy voeg by dat Namibië nie hoef te kies tussen die lok van beleggings en die lewering van groter nasionale voordeel nie, aangesien hierdie doelwitte hand aan hand gaan. Hy het tydens 'n mynbou- en energiegeleentheid van die maatskappy in die hoofstad gepraat.
6 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IPC se nuwe Khomas-voorsitter moet party se vertroue herstel

Die nuwe IPC-voorsitter in die Khomas-streek, Emrick Nangolo, sal volgens sy voorganger, Fritz Kaufmann, die uitdaging moet aanpak om die party se vertroue onder Namibiërs te versterk. Kaufmann sê die party moet gedissiplineerd en georganiseerd bly om betekenisvolle verandering teweeg te bring. Hy het by die streek se verkiesingskonferensie in…
9 Nov 1AM 1 min

COSATU vra sterker handels- en diplomatieke verhoudings tussen SA & VSA

COSATU vra die regering om voort te gaan met gesprekke met Washington ten einde diplomatieke betrekkinge te versterk en handel en belegging met die Verenigde State en ander groot handelsvennote te bevorder. COSATU se woordvoerder Matthew Parks hoop dat die pas verkose Amerikaanse Kongres met die Amerikaanse regering in gesprek…
9 Nov 12AM 1 min

Diamantmyn in Kunene benodig N$20m om bedrywighede te hervat

Northern Namibia Development se diamantmyn in die noorde van Kunene staan steeds stil, met meer as 20 miljoen Namibiese dollar wat nodig is om produksie te hervat. Die myn het tydens die Covid-19-pandemie gesluit nadat die maatskappy nie daarin kon slaag om beleggers te lok nie. Mynbestuurder Paulus Nghimtina sê…
9 Nov 12AM 1 min

Nasionale Enduro-kampioenskap sluit af met uitdagende Gallina-renne

Die laaste been van die Nasionale Enduro-kampioenskap het Saterdag by die Gallina-baan noord van Windhoek plaasgevind, met sowat 40 ryers wat in agt klasse meegeding het. Die byeenkoms het vanjaar ’n ander formaat gevolg, met ryers wat transponders gebruik het om hul tye by kontrolepunte op die roete aan te…
8 Nov 11PM 1 min