
Gibeon-gemeenskap is haaks met NamPol
Loading player...
Inwoners van Gibeon eis aanspreeklikheid nadat bewerings van polisiebrutaliteit by die plaaslike polisiestasie na vore gekom het. Die gemeenskap beweer dat individue wat beskerming by die polisiestasie gesoek het, eerder aan onmenslike en onwettige behandeling deur beamptes aan diens onderwerp is. Maar gemeenskapsleier Christiaan Swartbooi sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die herbou van vertroue sal vereis dat beide die polisie en inwoners hul gedrag verander.

