
SA polisie arresteer byna 25 000 verdagtes tydens twee weke in aanloop tot feesgety
Loading player...
Die polisie het in die afgelope twee weke tydens landwye operasies byna 25-duisend verdagtes in hegtenis geneem. Dit is deel van die inisiatief vir 'n veiliger feestyd. Onder die gearresteerdes is twee-duisend-680 verdagtes wat gesoek is in verband met ernstige en gewelddadige misdade. Die polisie het ook beslag gelê op 224 ongelisensieerde vuurwapens, meer as twee-duisend-600 rondtes ammunisie en een-duisend-310 gevaarlike wapens. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die operasies sal voortduur as deel van pogings om misdaadnetwerke te ontwrig en gemeenskapsveiligheid te verbeter.

