
Onderwyskursusse moet by arbeidsmark aanpas
Loading player...
Namibiese onderwysinstellings word versoek om hul kursusse by die veranderende behoeftes van die arbeidsmark aan te pas. Die oproep is Maandag tydens die bekendstelling van die sesde uitgawe van die Careers in Namibia-gids in Windhoek gedoen. Die waarnemende uitvoerende direkteur van die arbeidsministerie, Aune Mudjanima, sê tegnologiese vooruitgang, klimaatsverandering en nuwe bedrywe verander die vaardighede wat werkgewers benodig.

