
DA stel ondersoek in na Steenhuisen se aantygings
Loading player...
Die DA se Federale voorsitter, Solly Msimanga, sê die party se uitvoerende federale raad sal die uitwerking ondersoek van John Steenhuisen se bewerings oor Tony Leon en sy skakelfirma, Resolve Communications, en bepaal of die DA in 'n slegte lig gestel is. Steenhuisen beweer DA-ministers, insluitend die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, is deur Leon beïnvloed om vergaderings met Elon Musk se Starlink-verteenwoordigers te voer. Msimanga het aan die SABC gesê nie een van die DA-ministers of LUR'e is onbehoorlik deur Leon beïnvloed nie:

